Home » Tonele uit ons dorp by Thomas François Burgers
Tonele uit ons dorp Thomas François Burgers

Tonele uit ons dorp

Thomas François Burgers

Published 2007
ISBN :
Paperback
223 pages
Enter the sum

 About the Book 

Thomas Francois Burgers (1834–91), predikant en eerste president van die ZAR en klippie in die ortodokse sinode se skoen, was ’n kleurvolle karakter. Deel van sy nalatenskap is ’n aantal sketse wat tussen 1866 en 1869 onder andere in Het VolksbladMoreThomas Francois Burgers (1834–91), predikant en eerste president van die ZAR en klippie in die ortodokse sinode se skoen, was ’n kleurvolle karakter. Deel van sy nalatenskap is ’n aantal sketse wat tussen 1866 en 1869 onder andere in Het Volksblad verskyn het onder die algemene titel “Toneelen uit ons Dorp, of Schetsen uit ons Dagelijksch Leven”.Alhoewel dit twee keer in verskillende vorme tydens die laat 19de eeu gebundel en herdruk is, was dit tot nou toe grootliks verlore vir die (Suid-) Afrikaanse verhaleskat, en het dit net bestaan in sydelingse verwysings in proefskrifte en boeke oor die ontwikkeling van die Afrikaanse letterkunde. In 2004 word dit as deel van die Griffioenreeks van Atheneum – Polak & Van Gennep, ’n Nederlandse uitgewersmaatskappy, gepubliseer as Dorp in het Onderveld. Zuid-Afrikaanse verhalen, met Olf Praamstra as samesteller. Nou is daar ook ’n nuwe Suid-Afrikaanse uitgawe onder redakteurskap van Wium van Zyl, wat die verhale in Afrikaans vertaal het sodat dit vir meer lesers toeganklik is.